Get Adobe Flash player

hulp

Izandi was van die begin af betrokke by my troue, vir elke idee wat ek gehad het het sy dadelik ‘n manier gehad om dit te laat gebeur. Sy was in beheer van elke liewe dingetjie en het altyd ‘n oor geleen as ek wou kla en moune kostes en onbelangstellende bruidegom!

Dae voor die troue het ek nie geweet wie meer opgewonde is ek of sy nie. Sy het ook vir my die coolste bachelorete party gereel.

‘n Dag voor die troue het sy reeds begin regmaak en alles onderbeheer gehad. Ek het nie eers geweet van al die drama wat agter die skerms aan die gaan was nie (gelukkig want ek het ‘n taamlik kort humeur).

Sy het gesorg dat ek betyds by die kerk was en dat elke gas ‘n ongelooflike tyd gehad het!

Met ‘n klein begroting het sy vir my ‘n $ 1000 000 troue gereel

Ek sou verseker nie so ‘n volmaakte troue sonder haar hulp en ondersteuning gehad het nie!

Rene Mackie

Archives